Login/Register

Superhelde – Gebedeboek

R119.00

2 in stock

SKU BX4689 Category Tag

Description

Klein seuntjies is vas oortuig dis ongelooflik om te vlieg soos Superman, om so sterk soos die Hulk te wees en so vinnig soos Flash te kan hardloop. Maar dit is nog nie die heel grootste superkrag nie …
Die grootste krag wat daar is, is gebed! Dit is wat Carolyn Larsen (outeur) en Joe Goode (illustreer­der) se Superhelde – Gebedeboek hulle sal leer. Dit sal hulle wys dat gebed enigiets kan doen. Die aksiebelaaide illustrasies met ’n strokies­prent-ge­voel gaan saam met 90 supergebede en kernverse wat gewone seuns kan bid om buitengewone helde vir Jesus te word. Die gebede is verdeel in 15 temas wat onder andere insluit gebede vir wanneer hulle bang is, goed nie verstaan nie, hartseer is of wanneer hulle vir maats of familie wil bid.
Superhelde – Gebedeboek sal die jong helde wys dat God elke seuntjie liefhet omdat hulle sy klein superhelde op aarde is en Hy sal hulle help om sy werk te doen.

LIFE LINE: 0861 322 322
RAPE CRISIS: 0800 150 150
CHILDLINE: 0800 055 555
AIDS HELPLINE: 0800 012 322
SUICIDE CRISIS LINE: 0800 567 567 or
SMS to 31393

Or for more help and emergency numbers visit: Grace Counselling www.gracecounselling.org.za or
SADAG www.sadag.org