’n Focus on the Family Africa-geleentheid | In vennootskap met Radio Tygerberg & Groot FM
Voel jy dikwels uitgeput, gefrustreerd of onvergenoegd in jou Ma-wees?
Voel jy dikwels uitgeput, gefrustreerd of onvergenoegd in jou Ma-wees?
- Die dag-tot-dag stryd tussen beskikbare tyd, die huishouding en ouerskapverantwoordelikhede laat jou voel asof jy nie “genoeg” is nie
- Gesonde oefen-, eet-, en werksgewoontes bring nie vreugde as jou huis vol spanning is nie
- Die skuldgevoel en frustrasie van onvervulde behoeftes laat jou wonder of jy jou kinders regtig ten volle ondersteun.
Wie gaan genot en toerusting uit hierdie praatjie put?
Enige ma, onderwyseres, berader, dominee, terapeut of lewensafrigter gaan uit hierdie praatjie baat vind. Die beginsels is tydloos en dus ewe relevant of jy swanger is met jou eerste babatjie en rég wil begin, of ‘n gesoute Ouma van vele is.
Tieners in die huis? Geen probleem nie! Hierdie Immergroen Ouerskapgewoontes werk met hulle ook.